The story
Boat Club is 'n baleaarse popduo vanuit Gotenburg, Swede wat uit die lede Andreas Wahlström en Magnus Christakis bestaan.
Die twee het in 1999 met geraasmusiek begin eksperimenteer. Mettertyd het hulle hul meer vir die kombinering van geraas en konvensionele popstrukture begin interesseer, en uiteindelik het hulle hul identiteit in shoegaze-popmusiek gevind. Hulle het hul groep toe Citylights genoem en die meeste demomateriaal is in Wahlström se woonstel met behulp van onder meer elektroniese tromme opgeneem.
From Wikipedia in Afrikaans, under CC BY-SA 4.0.



